|
Almal is dit eens: Leon Schoeman, die stem van KykNet, is 'n sanger wat besig is om die mark met sy stem en talent te oorrompel. DKNT beskryf dit as een van die beste albums van die jaar, Rapport sê dit is 'n album wat ongetwyfeld 'n permanente plek in jou versameling moet kry en Huisgenoot sê hy is dié Afrikaanse sanger op dop te hou.
Leon se debuutalbum, Judas en die Joker, is vroeёr bekendgestel en is reeds bestempel as een van die oorspronklikste albums in 'n baie lang tyd. RSG het dadelik hierdie treffer belaaide album op hulle speellys gesit en Leon se opwindende weergawe van Al Lê die Berge Nog So Blou is nie net 'n treffer op verskeie ander radiostasies nie, dit word ook reeds deur SARFU op al die Springbok-toetswedstryde gespeel.
Met Judas en die Joker het Leon nie net self pen op papier gesit nie, maar ook meester storievertellers soos Lize Beekman en Koos Kombuis nader getrek. Die produksie is van wêreld gehalte en die verpakking van die CD plaas dit in 'n klas van sy eie.
DIE VELDTOG EN KOMPETISIE:
Nou bied ManterMusic, die platemaatskappy wat Judas en die Joker help vervaarding het, jou skool 'n unieke fondsinsamelingsgeleenthied. Die album, wat teen R 120 by musiekwinkels soos Musica en Look & Listen verkoop word, is slegs as deel van hierdie promosieveldtog aan leerlinge en hul ouers beskikbaar teen R 100 - en die beste is dat R 20 van elke CD verkoop, aan jou skool gaan. Dis korrek, jou skool het die geleenthied en potensiaal om ongeveer R 10 000 - R 20 000 in te samel sonder om een sent uit te haal, want ManterMusic verskaf die bemarkingsmateriaal en pamflette gratis aan jou skool. Hierdie is een van die vinnigste en mees moeitelose maniere om fondse vir jou skool in te samel. Maar dit is nie al nie. Die skool wat die meeste CD's verkoop, wen 'n gratis konsert van Leon en sy orkes, by jou skool, wat gebruik kan word as 'n verdere fondsinsameling. Die prys sluit alles in, asook klank, beligting en bemarkingsmateriaal. Die fondsinsamelings potensiaal en waarde van hierdie ten volle betaalde konsert is ongeveer R 50 000.
Die kompetisie is oop vanaf 1 Maart 2010 tot 31 Mei 2010 en is oop vir alle skole
binne die grense van Suid Afrika en Namibiё.

Soos reeds genoem sal ManterMusic al die nodige bemarkingsmateriaal en pamflette gratis vir die leerlinge druk en aan jou skool versend. Die pamflette beslaan al die nodige besonderhede en inligting. 'n Gedeelte van die pamflette bestaan uit skeurstrokies wat die ouers of leerlinge moet invul, en voor die afsnydatum, weer moet terug besorg aan die onderwysers. Na die afsnydatum vir verkope sal ManterMusic die CD's gratis na jou skool versend. Die wenskool van die konsert sal
op 7 Junie 2010 aangekondig word. Die datum van die konsert sal dan vasgestel word. Onafhanklike ouditeure sal die uitslag van die kompetisie namens ManterMusic hanteer en die uitslae sal na afloop van die kompetisie aan die publiek beskikbaar wees.
Vir meer inligting kontak Anita Botha by 082 695 9735 of anita@mantermusic.com.
Vir kompetisiereёls, musiek, videos en foto's, gaan na www.leonofficial.com. Daar is ook meer te sien onder "Leon Schoeman" op www.youtube.com. Of sluit aan by die "Leon Schoeman Musiek" groep op www.facebook.com.
Dankie dat ons hierdie opwindende geleentheid en veldtog met jou kan deel, ons sien uit om saam met jou 'n groot sukses vir jou skool hiervan te maak.
AANHALINGS UIT DIE MEDIA: 
Skole-kompetisiereёls
- Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle reёls van die kompetisie.
- Die kompetisie is oop vir alle laerskole en hoёrskole wat binne die wettige grense van Suid Afrika en Namibiё val.
- Enige persoon wat 'n direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant is van ManterMusic of van die borge of agentskappe wat by hierdie promosieveldtog betrokke is, of 'n eggenoot, lewensmaat, ouer of familielid (insluitend aangeneem en aangetroud), of enige sakevennoot of assosiaat van 'n persoon wat hierbo genoem is, mag nie deelneem aan die kompetisie van hierdie promosieveldtog nie.
- ManterMusic behou die reg voor om toestemming toe te staan aan kykNet en/of M-Net asook enige publikasies of uitgewers wat die lewende konsert by die betrokke wen skool wil verfilm, dek of bywoon.
- Die promotor is ManterMusic. Indien wetgewing of verandering aan wetgewing dit vereis, sal ManterMusic die reg voorbehou om hierdie promosie onmiddelik en sonder kennisgewing te beёindig. In die geval van sodanige beёindiging, stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen ManterMusic, sy agente en borge sal indien nie.
- ManterMusic behou ook die reg voor om die kompetisie te beёindig indien CD verkope landwyd deur verloop van die algehele promosieveldtog periode as gesamentlike verkope deur alle deelnemende skole nie 'n totaal van sewe duisend vyf honderd eenhede behaal nie.
- Die lewende konsert as prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie.
- ManterMusic aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige belastingverpligtinge voortspruitend uit die aanvaarding van pryse nie. Onafhanklike finansiёle advies behoort vir sodanige doel ingewin te word.
- ManterMusic kan nie verantwoordelik gehou word vir enige onvoorsiene onkoste rondom die aanvaarding van 'n prys buiten dit wat in die kompetisie gestipuleer word nie.
- Alle deelnemers vrywaar ManterMusic, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van alle skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê rakende deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die pryse.
- Die beslissing van die aangestelde onafhanklike ouditeure oor enige geskil in verband met die spel en pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Die kompetise sluit 31 Mei 2010. Die wenner sal aangekondig word op 7 Junie 2010.
- Onderhandeling oor 'n geskikte datum vir die konsert vir die betrokke wenskool sal na afloop van die aankondiging plaasving. Die wenskool het die reg om enige datum as deel van 'n bestaande jaarlikse funksie voor te stel.
- Die wenner sal telefonies in kennis gestel word, asook op die webwerf www.leonofficial.com gepubliseer word. Die wenner se naam sal moontlik in Beeld en Die Burger gepubliseer word.
|