-Ons gaan binnekort nog twee musiek videos skiet, een vir “Judas en die joker” en die ander, “Ek mis jou so”… later meer hieroor…
-“Kyknet”, die eerste liedjie op Leon se album is spesifiek vir die Afrikaanse televisie kanaal Kyknet geskryf. Ons het uiteindelik die musiek video klaar. Die styl van die video is meer in lyn met ‘n kanaal tema-stuk. Die musiek video begin binnekort op Kyknet verskyn – so kyk uit daarvoor. Jy kan ook daarna kyk, op hierdie webwerf in die “videos” afdeling.
-Leon is ook alreeds besig om te skryf en te werk aan die tweede album…
-Leon het onlangs 'n onderhoud gehad op DKNT op KykNet. Sy album was beskryf as
"die album van die jaar"!
|